Die polisie in Welkom is steeds besig met ‘n ondersoek na kwaadwillige saakbeskadiging nadat sowat 20 voertuie se bande vroeg gisteroggend gesny is by die RH Matjhabeng-privaathospitaal.

Van die eienaars van die voertuie sê hulle het nog nie ‘n behoorlike verduideliking of verskoning van die hospitaalbestuur ontvang oor die voorval nie.

Die voertuie is beskadig ten spyte van verskerpte veiligheidsmaatreëls by die hospitaal.

(Bron: S.A.U.K 25 Junie 2019)

Follow Welkom City Stad on Twitter
Like Welkom City Stad on Facebook
Join our Whatsapp Broadcast Group for local relevant updated news
…or have your opinion in the comment section below (comments are moderated)

ALSO READ  ‘What happened to her body parts?’ asks father of mutilated student