Agter Toe Deure

Twee Welkomiete, Pieter Bonthuyzen en Pieter Van Rooyen het kragte saamgespan om ‘n kortfilm vir teen-boelie bewusmaking te skiet. Die kortfilm, Agter toe deure word volgens beplanning teen middel April geskiet. Die projek is geloots nadat Pieter Bonthuyzen  die konsep en draaiboek geskryf het en Van Rooyen genader het om die verfilming te doen. Die produksie is toe beplan en plaaslike tiener talent is ontgin om die hoofrolle te vul. 

Die boodskap agter die kortfilm is kort en kragtig…om iemand se lewe te probeer verwoes is onaanvaarbaar veral as jy nie weet deur watter huislike en sosial probleme daardie kinders of persone gaan nie. Boelie gedrag is nooit aanvaarbaar nie en dit verwoes kinders se lewens.

Die kortfilm gaan so tussen 7 en 12 minute lank wees en verfilming word plaaslik gedoen. Hierdie projek het geen begroting nie en daar word ook geen wins gemaak nie. Alle akteurs en betrokkenes is deel van hierdie projek en kry ook geen vergoeding nie. Ons wil graag hierdeur die nodige blootstelling en erkenning gee aan al die verskillende plaaslike talente wat wissel van drama, grimering, dekor en klank. Om jong mense te betrek is wonderlik. Al die akteurs is super opgewonde en die kwaliteit van hulle vermoeë om hulle karakter getrou te speel is oorweldigend.

Welkom het beslis hierdie tipe geleenthede nodig. Dit is n goeie begin om jongmense die geleenthede te bied om in so n tipe film projek deel te neem en ook die proseswe daar agter te kan ervaar en te leer ken. Daar is hoofsaaklik 3 redes hoekom ons die film wil maak…

ALSO READ  Poor Service Delivery in Riebeeckstad, Welkom - Resident Angry

Om n boodskap na jong mense uit te dra en sodoende  hulle harte aan te raak om boeliegedrag te probeer verminder. 

Om plaaslike jong mense die geleentheid te bied om hulle talente te kan gebruik om daardeur ook n verskil te probeer maak.

Blootstelling van ons as vervaardigers se vermoëns om wel n goeie draaiboek te kan skryf, n goeie kwaliteit produksie te kan beplan en n goeie kwaliteit kort film te kan publiseer.

Die film behoort teen begin Mei 2019 op alle sosiale media vlakke vrygestel te word en enigiemand kan gratis daarna kyk.

Vir meer inligting kan u Pieter Bonthuyzen kontak hy 082 895 9166.

Circle City Correspondent FJ