Dankie vir almal wat die video van Cornelia, wat ek gisteroggend gemaak het, geshare het.

Vanoggend net na 4am was ek by die garage en het ek 'n rukkie na die vrolike girl gestaan en kyk … En toe kon ek nie anders as om vir haar paar vrae te vra nie …

Posted by Albert Bredenhann on Monday, 4 March 2019

My foon gaan steeds mal en die oproepe en boodskappe hou net nie op nie. Die video is al meer as 160,000 keer geview en duisende kere geshare. Ons het intussen gereël dat Cornelia se tande oorgedoen gaan word en ons is dankbaar vir die tandarts wat onvoorwaardelik en onbaatsugtig help met dit.

Vele mense het vanoggend kos en klere vir haar geneem daar waar sy koerante verkoop. Dankie aan almal wat wel ‘n verskil maak in die proses. Vir dié van julle wat graag wil betrokke raak of wil weet waar julle ‘n paar Rand kan inbetaal, weet net dat daar NIE ‘n rekening of fonds beskikbaar is waar julle geld kan inbetaal nie.

Ek wil graag vra dat indien jy wel ‘n verskil wil maak, dat jy iets doen vir behoeftige mense rondom jou. Óf dit iemand in jou woongebied is óf iemand wat jy dag- vir-dag langs die pad sien soos ‘n Cornelia.

Sy is een van baie mense wat iets nodig het en party van hulle het soms net iets eenvoudig soos ‘n drukkie of glimlag nodig. Moenie geld gee nie, want geld is nie altyd wat hulle nodig het nie en kan geld soms meer kwaad as goed doen.

ALSO READ  Welkom City Stad now on Whatsapp

Gee eerder kruideniersware, klere of sê net hallo. Gaan uit en maak ‘n verskil deur jou tyd te gee.

Nogmaals dankie aan elkeen van julle wat gehelp het met dié situasie. Ek glo Cornelia het baie mense se harte aangeraak met die video en soms is dit nodig om net stil te staan en dankie te sê vir alles wat jy in jou lewe het.

Mag almal ‘n awesome dag hê… en soos die Caring Daisies altyd sê… “Live a Life of Giving”!