Die Padongelukkefonds sê hy sal die familielede van die oorledenes van Maandag se busongeluk in Welkom bystaan, waar agt mense insluitende drie kinders dood is.

‘n Intercape bus het in die vroeë oggendure omgeslaan. Die bus was van Durban na Upington op pad toe die bestuurder beheer verloor het oor die bus. Die busbestuurder het daarna na wat verneem word selfmoord gepleeg.

‘n Hospitaaleisebestuurder van die fonds, Blessing Lebona, sê hulle is in gesprek met die familielede van die beseerdes en die oorledenes. Lebona sê hulle sal help met begrafniskoste en die vervoer van liggame na hulle onderskeie bestemmings.

(Bron: S.A.U.K. 23 May’19)

Summary
PADONGELUKVONDS SAL FAMILIELEDE BYSTAAN VAN WELKOM-BUSRAMP
Article Name
PADONGELUKVONDS SAL FAMILIELEDE BYSTAAN VAN WELKOM-BUSRAMP
Description
Die Padongelukkefonds sê hy sal die familielede van die oorledenes van Maandag se busongeluk in Welkom bystaan, waar agt mense insluitende drie kinders dood is.
Author
Publisher Name
Circle City Info
Publisher Logo
ALSO READ  Push notifications from our Web Site Circle City Info - Welkom