Pensionaris by Golf Klub doodgeskiet.

Louis Coetzee van Welkom (61), is Vrydagaand doodgeskiet terwyl hy, sy stiefdogter en haar verloofde die Unicorn-gholfklub se deure help sluit het.

Coetzee het sy stiefdogter, Marlene Matthysen, en haar verloofde, Kim van Heerden, gaan help sluit juis oor hy bekommerd was oor hulle veiligheid.

“Kim het ’n mandjie na die aanvallers gegooi, en met die sleutels weggehardloop en onder Louis se bakkie ingekruip,” sê die familielid. Terwl sy die Paniek knoppie heeltyd gedruk het van hulle
veiligheidsmaatskappy

Die aanvallers het twee klante wat net wou ry beveel om uit hulle voertuig te klim en op die grond te lê.

Matthysen is skrams in die kop geskiet en is in ’n kritieke toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Die koeël het haar skedel beskadig en sy het bloeding op die brein, sê die vrou.

Strydom sê haar pa se bakkie met die sleutels, sy beursie, alles is net so gelos nadat hulle geskiet is. Niks is gesteel nie. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is n skootrekenaar gebuit.

Strydom sê haar pa was ’n skofbaas en het onlangs afgetree.

Thakeng het bevestig dat ’n klag van moord en een van poging tot moord ondersoek word.

Coetzee is volgens Thakeng twee keer geskiet.

Summary
Pensionaris by Golf Klub doodgeskiet.
Article Name
Pensionaris by Golf Klub doodgeskiet.
Description
Louis Coetzee van Welkom (61), is Vrydagaand doodgeskiet terwyl hy, sy stiefdogter en haar verloofde die Unicorn-gholfklub se deure help sluit het.
Author
Publisher Name
Circle City Info
Publisher Logo
ALSO READ  20 VOERTUIE BESKADIG BY HOSPITAAL IN WELKOM