Premiere van Agter Toe Deure maak Ernest Oppenheimer Teater Vol

Die bekendstelling van die plaaslik vervaardige kortfilm AGTER TOE DEURE het Saterdag Aand n stampvol Ernest Oppenheimer gelok.

Die skrywer van die Kortfilm Pieter Bonthuyzen het by die geleentheid gesê dat die film hom na aan die hart lê, omrede dit bewusmaking vir boelie gedrag in skole aanspreek.

Slegs plaaslike akteurs wat geen drama opleiding of kennis het is in die film gebruik nie, die vervaardiging het ongeveer 6 maande geneem.

Die bekendstelling van die film was n glansryke geleentheid, met rooi tapyt vir die akteurs en verskeie bekende Welkom mense is in die gehoor opgemerk. Die skrywer Pieter Bonthuyzen het vandag op sosiale media die gemeenskap bedank vir hulle ondersteuning en bywoning.

Ons wil net uit ons harte baie baie dankie sê vir die ongelooflike ondersteuning met vanaand se Premiere van Agter toe deure. wat n ongelooflike gesig was dit nie om die Oppenheimer bykans vol te sien. Vir elkeen wat hierdie aand met ons gedeel het, baie dankie… Vir al die akteurs en filmspan, baie dankie… Nou is dit die reis wqt voorle om hierdie film te versprei.. wyd en suid…. ons sal teen more middag of Maandag die links beskikbaar stel van waar Agter toe deure beskikbaar sal wees. Ek hoop dat ons iemand se harte kon aanraak vanaand en dat ons wel iewers n verskil kon maak.

Inskrywing op Pieter Bnthuyzen se Sosiale Media

Die tegniese versorging en produksie is ook deur n wel bekende Welkom inwoner Pieter van Rooyen behartig. Pieter is bekend vir sy sang talent en musiek produksies wat hy in Welkom en omgewing aanbied.

ALSO READ  Gupta`s - R140m - City of Tomorrow near Welkom foiled.

Die oogmerk van die film is om bewusmaking teen boeliegedrag aan te spreek en die film is na die Premier ook op Sosiale Media en Youtube versprei. Die film was reeeds 300 keer gekyk teen Sondag Aand. Volgens Pieter is dit die eerste in n reeks produksies wat hulle wil vervaardig om huidige sosiale probleme in die gemeenskap aan te spreek.

Kyk gerus die Film hier en deel die plasing.

“AGTER TOE DEURE”

Regisseur: Pieter Bonthyzen
Vervaardiger: Pieter van Rooyen
Temalied: Made to be Loved
STELLA: Urial Publishing

Agter Toe Deure

Follow Welkom City Stad on Twitter
Like Welkom City Stad on Facebook
Join our Whatsapp Broadcast Group for local relevant updated news
…or have your opinion in the comment section below (comments are moderated)