VIER VERMEENDE SINDIKAATLEDE VAS IN WELKOM

Die Vrystaatse polisie meen dat vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die diefstal van rekenaars by Bronville in Welkom, deel is van ‘n sindikaat wat skole in die Matjhabeng-munisipale gebied teiken.

Twee van die vier verdagtes is vasgetrek terwyl hulle besig was om inligting uit te vee op rekenaars wat onlangs by ‘n christelike skool in die gebied gesteel is.

‘n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng ges├¬ die ander verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle deur hulle medepligtiges ge├»dentifiseer is.


(Bron: S.A.U.K. 25 Junie 2019)

Follow Welkom City Stad on Twitter
Like Welkom City Stad on Facebook
Join our Whatsapp Broadcast Group for local relevant updated news
…or have your opinion in the comment section below (comments are moderated)

ALSO READ  Two teenage boys robbed